Ek is skaars deesdae, maar ek moenie met die witbrood onder die arm loop en kla nie.  Ek kry nie eers meer tyd vir WAB nie – dis net werk, werk werk!

Dankie Olga vir die Reader Appreciation Award – hiervoor sal ek tyd maak (gelukkig het ek gisternag so halfdrie gou hier kom loer net voordat ek die rekenaar afsit vir ‘n paar ure).

.

Nouja, hier volg sewe dinge wat julle dalk nie wou geweet het nie.

  1. Ek haat rook met ‘n passie.  Ek het eenkeer geweier om Kleinboet se maatjies op te laai omdat hulle na rook geruik het – nie een van my trotsste oomblikke nie.
  2. Ek kan vloek soos ‘n matroos en voel half dat ek nie myself ordentlik kan uitdruk as ek nie ‘n paar knope ook inkry nie.  Ek trek darem die streep by ‘n paar van die p’s en die k’s en dit sal nie oor my lippe kom nie.  En ek weet darem hoe om my in geselskap te gedra – ek kan vreeslik vroom wees totdat ek jou ken!
  3. Ek haat huiswerk! (Amper so veel soos rook.)  Ek kan nie ‘n huis skoonmaak nie, en al moet ek lewe van pap en derms sal ek geld hê om ‘n huishulp te betaal.
  4. Stilte stres my heeltemal uit.  Daar is altyd musiek of  ‘n radio (Jakaranda FM) aan in my huis.  Ongelukkig kan ek nie na iets luister terwyl ek werk nie, ek moet net white noise in die agtergrond hê.
  5. Ek sê altyd vir my kinders:  As jou agterent jeuk, krap hom, maar moenie jouself in ‘n ding inpraat nie. (Ek is mal oor my twee honde en ek begin al agterkom dat daar kort voor lank nog ‘n klein hondjie in hierdie huis sal wees. – Boodskap aan myself oor die hond.)
  6. As ek siek is eet ek.  My ma het my grootgemaak met die woorde: “Ai, my kind, voel jy nie lekker nie?  Eet iets dan voel jy nou beter.”  Nou, na al die jare is dit nog in my, en ek het nou na al hierdie peste wat ek gehad het, tenminste 5 kg opgetel.  Verdomp!
  7. Ek is mal oor lees en fliek.  Daar is altyd ‘n boek op my bedkissie en ek kan nie slaap as ek nie tenminste ‘n hoofstuk gelees het nie – al gaan slaap ek eers halfdrie.

Op my beurt wil ek die volgende bloggers nomineer vir die Reader Appreciation Award:

Growing up Dane (omdat sy gerus weer kan begin blog en omdat sy eintlik baie het om te sê)

Jagternw1976 (omdat ek graag meer van hom wil hoor en hy is deesdae baie skaars)

Ek weet nie hoe om by die ouer blogs uit te kom om die mense se blogs te koppel nie, en almal aan wie ek kan dink het alreeds die Reader Appreciation Awards gekry van anders bloggers af.  Baie geluk aan julle almal.

Dis hoe die speletjie werk:  (Hierdie stukkie het ek by iemand anders gesteel.  Dankie daarvoor!)

  1. Kopieër en plak die toekenning op julle blog.
  2. Gee erkenning aan die wat dit vir jou gegee het deur hulle te link( of te tag of watookal met daardie kettingdingetjie)
  3. Skryf oor 7 van jou sondes, of 7 besonderse dinge van jouself, en
  4. Nomineer 5 ander bloggers vir die toekenning.

 

 

 

 

 

Advertisements